List Headline Image
Updated by Deon Kitching on Aug 12, 2014
Headline for Familie-/Gesinsbediening - Family Ministry #1
 REPORT
7 items   1 followers   1 votes   193 views

Familie-/Gesinsbediening - Family Ministry #1

Waar begin 'n mens as jy meer te wete wil kom oor Gesins-/Familiebediening?
Die Emmaus Sentrum bied die volgende produkte, boeke, reekse, dienste en skakels tot julle beskikking.
Met die inligting behoor julle 'n goeie idee te kry waar en hoe julle moet wegspring...
Of nog verder gaan met die familiebediening-keuses wat julle gemaak het.
Lys saamgestel deur: Deon Kitching

GELOOFSGESPREKSKAARTJIES - 4 Sleutels

Geloofsgesprekskaartjies vir gesinne/families, op kampe, vir selgroepe, op retraites en tydens vergaderings Help mense om spontaan en met passie te gesels oor geloofsake... Emmaus Media SA, in samewerking met Vibrant Faith SA, bied met trots ons eerste produk vir familiebediening aan - in Afrikaans en Engels!

KORT KURSUS - VOLHOUBARE FAMILIEBEDIENING - Nuwe Vennootskap - Gemeente- en Gesins-/Familiebediening

Doel van die kursus:
1. Dis ons doel om gemeentes met taal, tradisies en geloofsgewoontes te bemagtig en toe te rus sodat optimale geloofsvorming in huishoudings kan plaasvind en sodat huishoudings 24/7 geïntegreerd gelowig sal lewe.
2. Die vestiging van ‘n familiebediening-kultuur, wat alle fasette van die gemeente se werksaamhede insluit.
3. Die voortdurende bewusmaking ("awareness") van die belangrike rol wat families in die gemeente speel deur die vestiging van ‘n familiebedienings-teologie.

POTGOOI - KURSUS - NUWE VENNOOTSKAP - GESIN-/FAMILIEBEDIENING KURSUS

In die potgooi gesels Dr Neil du Plessis van Weltevreden oor die kursus wat die Emmaus Sentrum aanbied: "Die Nuwe Vennootskap tussen die Gemeente en die Huishouding". Neil is die dosent van die kursus en hy begelei studente op die jaarlange studiepad. Dis een van die gewilde kursusse van die Emmaus Sentrum en help met die toerusting vir en implementering van 'n familiebediening-strategie in die gemeente.

DAVID ANDERSON SE BOEK "Great Omission to Vibrant Faith"

Lees nou alles oor die nuwe benadering in Gesins- en Familiebediening Die bekende boek van David Anderson, "From the Great Omission to Vibrant Faith", (uitgegee deur Vibrant Faith Publishing USA, Augustus 2009), word nou in Suid Afrika gedruk en versprei. Kry nuwe perspektiewe Vind 'n geloofsraamwerk wat Bybelgetrou is Help jou gemeente om met verbeeldingryke...

HOOPVOLLE GESINNE EN FAMILIES PROJEK

GESTUURDE GESINNE/FAMILIES MET … HOOP!
HOOPVOLLE GESINNE is ‘n projek wat enige gemeente in die land, groot of klein, kan loods, om op ‘n deurlopende basis die families in hulle gemeente toe te rus om mekaar te ondersteun en op te bou in hulle elkeen se eie geloofsvorming en dissipelskap.
DIS DIE IDEALE GELEENTHEID VIR FAMILIES OM TE WERK AAN HULLE EIE OMGEE-VERHOUDINGS MET MEKAAR.

BEKENDSTELLING VAN VIBRANT FAITH SA

Familie-/Gesinsbediening is in 'n krisis - of nie? Gemeentes stoei met familie- en gesinsbediening... Die antwoord is hier! Vibrant Faith SA is 'n inisiatief wat geskoei is op die Vibrant Faith-beweging in die VSA. Hul familiebedienings-raamwerk, wat deur briljante beginsels ondersteun word, word reeds 'n geruime tyd met groot sukses in gemeentes gebruik.

WAT BIED VIBRANT FAITH SA? - MENTORSKAP

Vibrant Faith SA dien Christelike gemeentes, gemeenskappe en huishoudings wat streef om hulle geloof in 'n dinamiese wêreld uit te leef . DOEL Dis ons doel om gemeentes met taal, tradisies en geloofsgewoontes te bemagtig en toe te rus sodat optimale geloofsvorming in huishoudings kan plaasvind en sodat huishoudings 24/7 geïntegreerd gelowig sal lewe.